Dokter, Dis ’n Slegte Idee
R 49,00Price
Anke Marais het hard gewerk om ’n lewe te bou wat niemand anders vir haar kan omkeer nie. Dr Ruben Botha het Johannesburg doelbewus agtergelaat vir ’n kleiner praktyk en ’n rustiger bestaan. Toe sy nuwe spreekkamers langs Koffie & Kaneel oopmaak, ontdek hy vinnig dat Laagveld nie juis bekend is vir afstand nie - en Anke nog minder. Wat as irritasie begin, word stadig iets gevaarlik gemaklik: oggendkoffie, laat etes, klein gebare en ’n aantrekkingskrag wat al moeiliker raak om weg te redeneer. Maar Ruben se gewoonte om belangrike dinge vir homself te hou bots met Anke se vasbeslotenheid om nooit weer in iemand anders se lewe te verdwyn nie. |
